Free ListingsSubmit your business listing for FREE

Ladybird Tuindienste

 

Ladybird Tuindienste en Algemene Versorging - Bloemfontein

Ladybird Tuindienste en Algemene Versorging – ‘n nuutgestigte maatskappy wat dienste bied in Bloemfontein en omliggende gebiede. Ons bied persoonlike tuinmaakdienste op ‘n gereelde basis aan private huise, komplekse en kantoorparke. Op soek na mededingende pryse? Kontak ons vir ‘n gratis kwotasie!

Ladybird Tuindienste bied ‘n wye verskeidenheid van dienste aan wat insluit algemene versorging, heruitleg van tuine, eenmalige skoonmaak van tuin rommel, snoei van bome en aanplant van struike, plante en saailinge. Ons vaardige span werk onder toesig, en ons streef deurgaans daarna om hoë gehalte en kompeterende pryse te gee in alle areas van tuin instandhouding, landskapontwerp en skoonmaakdienste.

Ons bied gemoedsrus aan huiseienaars dat hul huise veilig is in ons hande, en groot sorg word geneem om te verseker dat jul diere nie deur die hek glip terwyl ons besig is in jul tuine nie. Die fokus word geplaas op wedersydse vertroue en respek, stiptelikheid, regverdigheid, toewyding, en die ontmoeting van jou persoonlike behoeftes. Ons wil jou as kliënt graag verbaas met wat ons kan bied aan jou tuin.

Ladybird Tuindienste doen die volgende:

  • Algemene Versorging van Tuine
  • Heruitleg
  • Eenmalige Skoonmaak van Tuine
  • Verwydering van Tuin Rommel
  • Snoei van Bome
  • Aanplantings van Struike, Plante en Saailinge

Kontak Inligting:

Webtuiste:
www.bloemfonteintuindienste.co.za

Kontak Persoon:
Chrisna Hartman

Tel:
0834173617

E-pos:
chrisna.h20@gmail.com

Adres:
Alsace Straat 60
Bayswater
Bloemfontein
Vrystaat